Om 'n baba te kry, beloof om een van die bevredigendste dog stres-volste gebeurtenisse van jou lewe te wees. Aan die een kant sien jy daarna uit om jou langverwagte bondeltjie vreugde na nege maande te verwelkom. Aan die ander kant moet jy ook probeer verseker dat jou kind se oorgang van jou liggaam na die buitewêreld met so min trauma as moontlik geskied.
As jy egter van al jou opsies bewus is en jou gesondheidsorg-diens-verskaffer gereeld raadpleeg, kan jy die regte besluite vir jou en jou baba neem. Jou algemene gesondheid en welsyn, asook dié van jou ongebore baba, sal die bepalende faktore wees om die omvang van die keuses tot jou beskikking te bepaal. Maak seker dat jy verstaan wat gaan gebeur en wat die voor- en nadele van jou keuses is.
Die normale geboorteproses begin gewoonlik spontaan na om en by 37 tot 42 weke van swangerskap.
Voordeel:
Jy en jou baba word regdeur die kraamproses gemonitor, en opgeleide mediese personeel is byderhand indien daar komplikasies is.
Nadele:
Oormatige monitering kan tot onnodige mediese ingryping aanleiding gee.
Jy het in hierdie tyd dalk die gerusstelling van bekende dinge om jou nodig, en 'n hospitaal is nie altyd 'n gesellige en vertroostende plek nie.
Tuisgeboorte is 'n veilige opsie as jou swangerskap normaal verloop, jou vroedvrou die nuutste, draagbare toerusting gebruik en in staat is om jou huis betyds te bereik.
Voordeel:
Jy bevind jou in 'n bekende en gerieflike omgewing terwyl jy geboorte skenk.
Nadeel:
Indien komplikasies intree, hang die bystand wat jy gaan ontvang van die kundigheid van die verpleegster of vroedvrou af en van die vinnige beskikbaarheid van vervoer na 'n hospitaal, indien dit nodig mag wees.
Dit is 'n normale kraamproses wat onder water plaasvind en wat as 'n vorm van pynverligting tydens die bevalling gebruik kan word.
Voordeel:
Jy kan vryelik in die water rondbeweeg.
Nadeel:
Daar is 'n risiko van infeksie vir jou en jou baba.
Die baba word gebore via 'n snit deur die buik en die baar-moeder. Dit kan die baba en moeder se lewens red, maar die newe-effekte van ingrypende chirurgie en narkose kan allerlei komplikasies vir die moeder tot gevolg hê.
Gekose keisersneë word tydens swangerskap beplan as gevolg van mediese of kraamkomplikasies, wanneer die be-valling as onveilig vir die baba of die moeder beskou word.
Noodkeisersneë word gedoen wanneer komplikasies tydens die bevalling voorkom. Die behoefte aan 'n keisersnee is soms nie duidelik voordat die bevalling reeds begin het nie, en sommige moeders wat beoog om normaal geboorte te skenk, moet noodgedwonge keisersneë ondergaan.
Dit mag as gevolg van die volgende faktore wees:
Die bevalling verloop nie na wense nie. Dit kan gebeur as die:
kontraksies te swak is, baba te groot is, of as die bekken te nou is.
Die baba se toestand en posisie
Die baba se hartklop, wat op die elektroniese aanwyserma-sjien gemonitor sal word, kan suggereer dat die baba pro-bleme tydens die bevalling ondervind.
Indien jou baba teen die einde van jou swangerskap in die baarmoeder met die kop na bo en die voete na onder lê (stuitposisie), is 'n keisersneegeboorte die minder riskante opsie.
Swangerskap met veelvuldige babas (bv. tweeling)
In sommige gevalle is geboorte via 'n keisersnee noodsaaklik.
MIV-positiewe moeder n Keisersnee word as geboortemetode aanbeveel as die moeder MIV-positief is. Dit verminder die kans dat die moed-er die MI-virus na haar baba oordra.
Vorige keisersnee
In die meeste gevalle is 'n verdere keisersnee die voorkeurmetode na 'n vorige keisersneegeboorte.
Moontlike komplikasies van die prosedure
Dit is 'n ontsteking van die baarmoeder wat vier tot sewe dae na chirurgie kan ontwikkel.
Dit word met antibiotika behandel.
Bloeding
Word gewoonlik behandel met medikasie wat veroorsaak dat die baarmoeder saamtrek en ophou bloei.
n Bloedoortapping, chirurgie, en in seldsame gevalle 'n histerektomie (chirurgiese verwydering van die baar-moeder) kan vereis word.
Besering aan bekkenorgane
Besering aan die blaas of dermkanaal kan voorkom.
Swangerskap en 'n keisersnee verhoog die risiko dat moeders bloedklonte in die bene, bekend as diepaar-trombose (DVT), kan ontwikkel.
Hierdie risiko kan deur die dra van anti-DVT-kouse en stap, binne so min as 24 uur na die keisersnee, verminder word.
Vroue met 'n hoë risiko om DVT te ontwikkel, kan ook 'n antistolmiddel (bloedverdunningsmedikasie) toegedien word om hul risiko te verlaag.
Jy moet vir die Kraamprogram registreer om toegang tot jou voordele as 'n lid van een van die volgende GEMS-voordeelopsies te verkry.
Onbeperkte hospitalisering, en
Sluit kraamvoordeel in aangewese netwerk van privaathospitale in.
Beperk tot R26 680 per gesin vir hospitalisering;
Gekose keisersnee onderhewig aan gevallebestuur, tweede mening, en
Tuisgeboorte teen R6 610 per begunstigde.
Onbeperkte hospitalisering, en
Tuisgeboorte teen R6 610 per begunstigde.
